Podlitiek

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editora: Podcast
  • Duração: 156:17:43
  • Mais informações

Informações:

Sinopse

Podlitiek is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en belangrike kwessies vanuit 'n klassieke liberale invalshoek benader, bedink en bespreek.

Episódios

  • Ep. 16 - Wettige Dwelms, Verkiesing Voorspellings En Stimlus - Kwellings.

    26/09/2018 Duração: 21min

    Net omdat dagga nou wettig is, beteken nie dat die Podlitiek-span kans sien om te ontspan nie – want hul besef goed, waar daar ‘n rokie is, is daar gewoonlik ‘n vuur. Die span bespreek die Grondwetlikehof se uitspraak oor dagga, die IRV se onlangse verkiesingsopname en die probleme met Ramaphosa se stimulus plan.

  • Spesiale Episode - Podlitiek praat erfenis

    24/09/2018 Duração: 25min

    Spesiale geleenthede vereis spesiale bederf – soos ’n spesiale uitgawe van Podlitiek! Op hierdie Erfenisdag gesels Paul Maritz en Daniel du Plessis met Gielie Hoffman oor erfenis in Suid-Afrika – en dan ook die erfenis van Afrikaners in besonder.

  • Ep. 15 - Maimane Laat Almal Lag, China Soek Krag En Wellington Se Ou Vlag

    20/09/2018 Duração: 22min

    Die Podlitiek-span neem vanweek weer die swaard op teen ideologiese moerasse, filosofiese lokvalle en politiese paniek deur te gesels oor Maimane wat almal laat lag, China soek krag en Wellington se Ou vlag.

  • Ep. 14 - Ramaphosa word verdring, deur misdaad omring en AfriForum se geding

    14/09/2018 Duração: 20min

    Die Podlitiek-span hervat vanweek hul nimmereindigende kruistog teen feitefoute, propaganda en algemene politiekery. In hierdie episode Ramaphosa word verdring, deur misdaad omring en AfriForum se Parlement-geding.

  • Onderhoudreeks Ep. 2 - Martin Van Staden (FMF & Rational Standard)

    07/09/2018 Duração: 33min

    Met die tweede episode van Podlitiek se onderhoudreeks gesels Daniël Eloff en Daniel du Plessis met Martin van Staden. Martin is ‘n regsnavorser by die Vryemarkstigting en ook die Hoofredakteur van beide die Rational Standard en Being Libertarian.

  • Ep. 13 - Steve Sê Nee, SA Se BBP, Theresa May Verleë

    06/09/2018 Duração: 21min

    In die nuutste episode van Podlitiek raak die span, soos altyd, handgemeen met onsekerheid, onkunde en onwaarheid – maar nou ook in video! Die span gesels oor Steve Hofmeyr wat sy 1992 referendum stem wil verander, Suid-Afrika se resessie en Theresa May se flater oor grondonteiening.

  • Ep. 12 - Lesufi Se Foefie, Mandelabaai Verraai, En Die Grondberaad - Verraad.

    30/08/2018 Duração: 20min

    Podlitiek-luisteraars het oor die afgelope maande gewoond geraak aan vurige gesprekke ten gunste van individuele vryheid, die mag van gemeenskappe, en minder mag aan die regering. Hierdie week se vurige episode trek dié vryheidswa oudergewoonte deur ons liewe land se verdiepende sosialismedrif deur te kyk na onderwys, munisipaliteite, en grond.

  • Ep. 11 - MiWay Se Fout, Reserwebank Benoud En AfroView Word Koud

    23/08/2018 Duração: 20min

    In hierdie week se vurige episode vol debat en redenering ontnonsens Podlitiek se paneel oudergewoonte die week se nuus en politiese gebeure. Hierdie week kyk hulle na MiWay se HUB, Renè Otto se sosiale media opmerkings, die EFF se plan om die Reserwebank te Nasionaliseer, en AfroWorld View, wat voormalig as ANN7 bekend gestaan het, se onlangse sluiting.

  • Ep. 10 - Plaaslyste, Medialuise En Die Hof Luister

    15/08/2018 Duração: 20min

    In hierdie week se skitterende episode ontduister Podlitiek se twee gereeldeaanbieders, Paul Maritz en Daniël Eloff, saam met gasaanbieder Daniel du Plessis, drie snaakse fenomene: Lyste met plase in gevaar, media-foefies en sensasie, en die lot van ons eertydse hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, ene Shaun Abrahams.

  • Onderhoudreeks Ep. 1 - Crezane Bosch (Tshwane DA)

    14/08/2018 Duração: 37min

    In die eerste van Podlitiek se Onderhoudreeks gesels Paul Maritz en Daniël Eloff met Crezane Bosch van die Demokratiese Alliansie. Crezane is die adjunksweep van die party se Tshwane koukous. Die drie gesels en debatteer oor die DA se ideologiese posisie voor die 2019 verkiesing, die uitdagings wat die party in die gesig staar en oor Crezane se eie politieke ideologie.

  • Ep. 9 - Grond, Gemengde Boodskappe En Gatkraak In Zim

    09/08/2018 Duração: 20min

    In hierdie week se opwekkende episode gesels Podlitiek se twee gereelde aanbieders, Paul Maritz en Daniël Eloff, saam met gasaanbieder Daniel du Plessis oor drie sake wat swaar op Suid-Afrikaners se harte druk: Ons land, ons amptelike opposisie, en ons sukkelende bure.

  • Ep. 8 - Louere in die hof, likwidasies en lisensies

    02/08/2018 Duração: 19min

    In hierdie week se spitsvondige episode gesels Podlitiek se twee gereelde aanbieders, Daniël Eloff en Paul Maritz saam met die gasaanbieder Daniel du Plessis oor ‘n paar goeie hofuitsprake wat verlede week gelewer is, die ANC Jeugliga se likwidasie, en die nuutste oor wapenlisensies in Suid-Afrika.

  • Ep. 7 - Australiese Inboorlinge, Af Ligte En Afstigting

    27/07/2018 Duração: 20min

    In hierdie spitsvondige episode gesels Podlitiek se twee gereelde aanbieders, Paul Maritz en Daniël Eloff en die gasaanbieder Daniel du Plessis oor Trevor Noah se Twitter oproer, die nuutste gebeure oor Eskom en China se betrokkenheid by die sukkelende staatsorgaan en laastens oor die idee van ‘n onafhanklike Kaap-buurland.

  • Ep. 6 - BLF, Obama en Al-Bashir

    20/07/2018 Duração: 20min

    In hierdie episode gesels Paul Maritz, Hermann Pretorius en Daniël Eloff oudergewoonte oor ‘n paar opspraakwekkende nuusflitse van die afgelope week. Hierdie week val hul vergrootglase op Black First Land First, die rasgedrewe drukgroep wat onlangs weer opspraak gemaak het, Suid-Afrika se voorgenome terugkeer na die Internasionale Geregtigheidshof, en die voormalige Amerikaanse President Barack Obama se onlangse besoek aan Suid-Afrika.

  • Spesiale Episode - Mandela: Waar het hy gewen, verloor en hoe onthou ons hom

    18/07/2018 Duração: 20min

    In ons eerste spesiale episode breek die Podlitiek-span hierdie week so ʼn bietjie die gewoonte van nuusonderwerpe, en fokus in op een onderwerp – spesifiek die werk en impak van Oud-President Nelson Mandela wat oor die algemeen helder en deurdagte kritiek, lof en analise vryspring. Die paneel stel die episode soos ʼn Afrika-potjie op – dus met drie bene, maar een sentrale vuurmaakplek.

  • Ep. 5 - Leiers, lugdienste en lang vingers

    13/07/2018 Duração: 20min

    Die DinGaan nie werk vir die Zoeloe’s nie, sit die SA terug in SAL, en Suid-Afrika se Korrupsie-Glipsie.

  • Ep. 4 - Belasting, benaming en bewaring.

    06/07/2018 Duração: 19min

    In hierdie episode gesels Daniël, Paul en Hermann Pretorius oor Grahamstad se voorgestelde naamsverandering, die situasie by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se Kommissie van Ondersoek en word daar ‘n argument gemaak vir die bewaring van wild deur kommersiële jag.

  • Ep. 3 - Kwaksalwery, Kaap-krisisse En Kolisi

    29/06/2018 Duração: 20min

    In hierdie episode gesels ons oor die afgelope ruk se aktuele nuusgebeure. Die drie gebeure waarop hierdie episode fokus is die Nasionale Gesondheidsversekering en vrae daar rondom, die DA se huidige uitdagings, spesifiek die uitspraak in die De Lille hofsaak, en die manier waarop Rachel Kolisi, die vrou van Siya Kolisi, op Twitter hanteer is.

  • Ep. 2 - Die raskaart en Cyril se Penarie

    26/06/2018 Duração: 28min

    Ep. 2 - Die raskaart en Cyril se Penarie by Podlitiek

  • Ep. 1 - Bekendstelling

    26/06/2018 Duração: 01min

    Ep. 1 - Bekendstelling by Podlitiek

página 15 de 15