Podlitiek

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editora: Podcast
  • Duração: 156:17:43
  • Mais informações

Informações:

Sinopse

Podlitiek is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en belangrike kwessies vanuit 'n klassieke liberale invalshoek benader, bedink en bespreek.

Episódios

  • Ep. 28 - ANC Manifes, Schweizer - Protes En Denel Moles

    16/01/2019 Duração: 27min

    Podlitiek wil graag sy dank uitspreek vir die politieke partye, leiers en sosiale media van Suid-Afrika wat sorg dat hierdie podsending weekliks ‘n oorvloed van flaters, oorreaksies en verontwaardiging het om oor te gesels en die gek mee te skeer. Hierdie week fokus Podlitiek op vier van hierdie nuusgebeure, naamlik die ANC se nuwe 2019 manifes, die Schweizer-Reneke protes, die Denel moles en Gillette wat geslaan word vir ses.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie!Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.orgPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ►https://tinyurl.com/podlitiekapple

  • Ep. 27 - Skaapslag Op Cliftonstrand, Zille - Seun In Die Sop Beland En Regeringshand Vat My Land

    09/01/2019 Duração: 21min

    Na afloop van ‘n nodige breukie weg van nasionale nuus, is die Podlitiek-span terug op hulle poste - met ‘n paar appeltjies te skil met die Suid-Afrikaanse regering. Hierdie week sing die span ‘n nuwe liedjie: Skaapslag op Cliftonstrand, waarna hulle onwettige wiskunde-klasse by Helen Zille se seun kry, en uiteindelik waag hulle weer ‘n opinie oor grondhervorming en die nuutste verwikkelinge in hierdie netelige kwessie.

  • Spesiale Episode 4 - Christelike Joodse Waardestelsel

    25/12/2018 Duração: 52min

    Hierdie spesiale uitgawe van Podlitiek is nie, soos altyd, te erg besorg oor die stampe en stote van die Suid-Afrikaanse politiek nie - juis omdat ‘n ou blaaskansie oor Kersfees tog net gepas is. In ‘n insiggewend, dog persoonlike, episode besluit die span om sommer die Kersgety te gebruik om die sluier te lig oor die basiese waardes van ons samelewing - juis omdat daar soveel uit die Christelik-Joodse gelooftradisie daarvoor ontleen is.

  • Spesiale Episode 3 - Geloftedag

    16/12/2018 Duração: 50min

    In hul derde spesiale episode bespreek die Podlitiek-span Geloftedag - of is dit nou Versoeningsdag, of is dit nou Dingaansdag? Hoe presies moet ons hierdie veldslag beskou? Was dit gewoon goeie Europese wapens wat assegaaie en leerskilde getroef het? Was dit ‘n natuurwonderwerk, of natuurramp? Was dit, soos wat Pretorius en sy medestryders geglo het, ‘n geloofswonderwerk, gegee uit die Hand van die Allerhoogste?

  • Onderhoudreeks Ep. 8 - Jacques Basson (Klipkouers)

    10/12/2018 Duração: 52min

    ‪Podlitiek kuier met ‘n groot gees en leier in die Suid-Afrikaanse podsending bedryf, Jacques Basson aanbieder van Klipkouers. ‬‪Ons gesels oor entrepreneurskap, alternatiewe media en Afrikaner identiteit. ‬Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie!Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.orgPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ►https://tinyurl.com/podlitiekapple

  • Ep. 26 - NVG Se Nuwe Kahuna, Staatsinstellings Se Pampoene, Onteiening Kry Hardloop - Skoene

    05/12/2018 Duração: 20min

    Ten spyte van deurlopende beurtkrag, kon Podlitiek iewers die geleentheid vind waar ons ateljee nie net beskikbaar was nie maar waar Eskom toevallig so gaaf was om ook elektrisiteit te verskaf. Die week bespreek ons die nuwe hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, die probleme by Eskom en die SAUK en die verslag deur die Grondwetlike Hersieningskomitee wat deur die Nasionale Vergadering aangeneem is.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie!Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.orgPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ►https://tinyurl.com/podlitiekapple

  • Ep. 25 - Nuwe Kabinet Gesoom, EFF Sonder Skroom en 'n Nuwe Minimumloon

    27/11/2018 Duração: 20min

    Hierdie week vier Podlitiek sy 25ste weeklikse episode met drie opwindende besprekingspunte naamlik ons land se nuwe kabinet, die EFF se aanval op die media asook die aankondiging van ‘n nuwe nasionale minimumloon.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie!Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.orgPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ►https://tinyurl.com/podlitiekapple

  • Onderhoudreeks Ep. 7 - Danie Barnard (Aktivis En Entrepreneur)

    23/11/2018 Duração: 50min

    Tydens hierdie episode gesels die twee Daniel’s en Paul met Danie Barnard, aktivis en entrepreneur oor die invloed van sosiale media op die samelewing, kripto-geldeenhede asook die 2019 verkiesing. Danie het die #BoerTestimony beweging op sosiale media begin wat gelei het tot VSA president Donald Trump se opmerkings oor plaasmoorde in SA.

  • Ep. 24 - Grondonteiening Uitgepluis, Unisa Fopnuuspaleis En Cyril Se Ware Kleure Wys

    21/11/2018 Duração: 20min

    Klomp goeie dinge kom in drie’s, BLT broodjies, blinde muise en die Podlitiek span. Selfs hierdie lys bewys dit. Oudergewoonte is die drie besprekingspunte van hierdie episode ook drieledig. Podlitiek bespreek die Grondwetlike Hersieningskomitee se amptelike verslag, fopnuus deur ‘n Unisa werknemer en Cyril Ramaphosa se Bosasa skandaal.

  • Onderhoudreeks Ep. 6 - Pikkie Greeff (SANWU)

    15/11/2018 Duração: 52min

    Tydens hierdie uur lange episode het Paul Maritz en Daniël Eloff die voorreg om met die Nasionale Sekretaris van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag Unie (SANWU), Pikkie Greeff, te gesels. Die episode dek Trump, 2019 se verkiesing en die werk van SANWU.

  • Ep. 23 - Gevegte In Die Parlement, Discovery Se Present en Eiendomsregte Geskend.

    14/11/2018 Duração: 21min

    Podlitiek pak die week se nuusgebeure soos Owen Farrell aan, nie met skouers en sonder enige arms nie maar eerder met harde direktheid terwyl ons steeds daarmee weg kom. In hierdie episode bespreek ons rusies in ons wetgewer, HUB besoldiging en die deurlopende debat oor grondonteiening.

  • Ep. 22 - Numsa Party Gestig, Discovery Betug En Malema Ontwrig

    07/11/2018 Duração: 21min

    Daar is altyd iets nuuts uit Afrika - en vanweek is dit sommer ‘n nuwe politieke party. In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span die vakbond NUMSA wat onlangs ‘n politieke party gestig het, mediese skemas en AfriForum wat op die EFF se bates wil beslag lê.

  • Onderhoudreeks Ep. 5 - Dawie Scholtz (Verkiesingsguru en bestuurskonsultant)

    02/11/2018 Duração: 49min

    In hierdie episode het Daniël en Paul die voorreg om met verkiesings-guru en bestuurskonsultant Dawie Scholtz te gesels. Die drie bespreek die betroubaarheid van peilings, Suid-Afrikaanse stempatrone en daar word 'n paar voorspellings vir die 2019 verkiesing gemaak.

  • Ep. 21 - Berade Vir Beleggings, SASOL - Beleid Verslegtings En Nkandla-

    31/10/2018 Duração: 21min

    In vandeesweek se episode is dit vir die Podlitiek span baie duidelike dat geld watstom is nie regmaak wat krom is nie – selfs nie as jy Cyril Ramaphosa is nie.¶

  • Onderhoudreeks Ep. 4 - Metalhead Vet (@Suidwessie)

    30/10/2018 Duração: 57min

    Daniel, Paul en Daniël gesels in hierdie episode met Suidwessie, 'n bekende en aktiewe Twitter gebruiker. Sy is ook 'n veeartsenystudent aan die Universiteit van Pretoria. Die vier bespreek die rol van sosiale media, studente politiek en politieke ideologie van jong Suid-Afrikaners.

  • Ep. 20 - Timol Praat, Wapens Word Agtergelaat, ANC vir AfriForum Kwaad.

    24/10/2018 Duração: 21min

    In vanweek se weeklikse episode ontnonsens die Podlitiek span die verwikkelinge oor Ahmed Timol se dood van 40 jaar gelede, die paniek oor vuurwapen-eienaarskap en ook die ANC se flou reaksie op plaasaanvalle.

  • Ep. 19 - Floyd En VBS, Self - Doen Is Bes En Pik Botha - ‘n Vinnige Les

    17/10/2018 Duração: 22min

    In vandeesweek se episode pak die Podlitiek-span oudergewoonte talle belaglikhede in die nuus aan – maar word darem verkwik deur ‘n positiewe verwikkeling of twee. Die span bespreek die VBS skandaal, die verwikkelinge in Witbank en Pik Botha se afsterwe.

  • Ep. 18 - Dubbelstandaard, Koshuisename Ontaard, Nene Speel Oop - Kaarte.

    11/10/2018 Duração: 22min

    In vanweek se episode pak die Podlitiek dubbelstandaarde, snaakse besluite deur universiteitsbestuur en die Nene-saga by die horings aan.

  • Onderhoudreeks Ep. 3 - Dirk Scheepers (DS Program)

    10/10/2018 Duração: 57min

    Met Podlitiek se derde episode van hul onderhoudreeks gesels Daniël Eloff en Daniel du Plessis met Dirk Scheepers wat al die pad van die VSA af hier in Suid-Afrika gekuier het. Dirk is die aanbieder van die DS Program podsending en werk in New York.

  • Ep. 17 - ANC Gryp Baloyi Se Strot, Denel Bankrot En Myne Vrot

    03/10/2018 Duração: 20min

    In vanweek se politiek is daar probleme bo en onder die grond – maar die Podlitiek span durf weer met groot moed en baie geduld alles aan, van politieke geweld tot mynbou-moles.

página 14 de 15