Podlitiek

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editora: Podcast
  • Duração: 156:17:43
  • Mais informações

Informações:

Sinopse

Podlitiek is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en belangrike kwessies vanuit 'n klassieke liberale invalshoek benader, bedink en bespreek.

Episódios

  • Ep. 262 - Regsektor-rasregulasies uitgedaag in hof, Stilfontein situasie lyk rof

    17/01/2025 Duração: 27min

    In die eerste episode van 2025, ontnonens Ernst en Louis die internasionale regsfirma Norton Rose Fulbright se saak teen die regering se nuutste rasregulasies in die regsektor, asook die dodelike stand van sake wat onwettige mynwerkers betref in Stilfontein. Podlitiek is ook op iTunes, Spotify, Twitter, Facebook, Telegram en meer.

  • Geloftedag en die Voortrekkers se sabbatsbeskouing - Feesrede by Leeubos Geloftefees 2024 - Louis Boshoff

    17/12/2024 Duração: 28min

    Wat is die oorspronklike bewoording van die Bloedriviergelofte? Hoe het ons gekom by die Afrikaanse weergawe wat vandag gebruik word? Moet ons Geloftedag regtig soos 'n sabbat deurbring? Wat presies het die Voortrekkers bedoel as hulle van 'n sabbat gepraat het?Louis Boshoff gaan delf in die oorspronklike bronne om hierdie vrae te beantwoord en deel 'n paar tydlose lesse uit die Voortrekkers se sabbatsbeskouing.

  • Ep 260 Solidariteit en AfriForum skik oor BELA kragtariewe pla min vir NERSA

    06/12/2024 Duração: 24min

    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die Solidariteit Beweging, wat vir AfriForum insluit, se skikking met die regering oor die BELA-wet, asook NERSA se standpunt oor kragtariefverhogings.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl en Louis Boshoff.

  • Ep. 258 - Kroeg wen saak oor vals rassisme klagtes, ramptoestand oor spaza-winkel verdagtes

    23/11/2024 Duração: 30min

    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die hooggeregshof in Kaapstad wat beveel het dat Christopher Logan, wat vir Hank's Olde Irish-kroeg valslik van rassistiese gedrag beskuldig het in 2022, altesaam R1,25 miljoen se skadevergoeding moet opdok, asook die regering wat 'n ramptoestand verklaar oor spaza-winkels se produkte wat mense vergiftig.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk

  • EP. 257 - 10 000+ protes teen BELA, Donald Trump die nuwe president van Amerika

    22/11/2024 Duração: 32min

    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die 10 000-sterk protes teen die Bela-wet by die Voortrekkermonument, asook Donald Trump wat die 2024 Amerikaanse verkiesing wen.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk

  • Ep. 256 - BELA protes die toekoms van Afrikaans is teminste een dag werd

    22/11/2024 Duração: 24min

    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die Bela-wet en die Solidariteit Beweging se beplande dag van protes daarteen dien 5de November by die Vootrekkermonument.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk

  • Ep. 255 - AfriForum gaan aanhou grassny en Gautengers wat onder dalende lewenskwaliteit ly

    24/10/2024 Duração: 17min

    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor AfriForum wat rug styf maak nadat die EFF aandui dat dit 'n mosie wil kanselleer wat die Tshwane-metro met AfriForum onderteken het, asook 'n nuwe meningspeiling wat aandui dat die inwoners van Gautengers se lewensstandaard aanhou daal.Skakel na die verslag bespreek in die episode: Quality of Life Survey 7 (2023/24) | GCROwww.belaprotes.co.za Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk

  • Ep. 254 - Panyaza Lesufi se slegte week, presidensiële mediese eenheid wat die beursie breek

    11/10/2024 Duração: 35min

    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Gauteng se Premier Panyaza Lesufi wat geïmpliseer word in beweerde toesmeer van korrupsie en dwarsboming van strafregtelike ondersoek, en die presidensiële mediese eenheid se astronomiese rekening.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk

  • Ep. 253 - Jan Braai fopnuus skok, News24 wat vir Ernst blok, nog geld vir lisensiekaartdrukker opdok

    04/10/2024 Duração: 27min

    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die valse rassisme bewerings teen Jan Braai, News24 se amptelike rekening op X wat vir Ernst van AfriForum geblok het, en die nuus rondom 'n tender vir 'n nuwe bestuurslisensiedrukker. Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk

  • Ep. 252 - AfriForum kap vir OKOSA oor Starlink, Ramaphosa moet twee keer oor BELA wet dink

    12/09/2024 Duração: 23min

    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor AfriForum wat vir OKOSA se rassekriteria uitdaag wat vestiging van Starlink in Suid-Afrika dwarsboom, asook President Ramaphosa wat blykbaar etlike dae weg is van die BELA wetsontwerp teken en wet maak.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk

  • Ep. 251 - Roman Cabanac in die visier, Telegram-baas agter tronkmuur, Didiza vir Steenhuisen suur

    12/09/2024 Duração: 32min

    In hierdie episode gesels Ernst, Louis en Frederik oor die "skandaal" rondom John Steenhuisen se nuutste aanstelling as stafhoof, Roman Cabanac, die arrestasie in Frankryk van sosiale media platform Telegram se uitvoerende hoof, Pavel Durov, asook die voormalige minister van landbou wat haar opvolger kritiseer vir sy uitsprake oor wangedrag in die departement.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk

  • Ep. 250 - Dricus du Plessis weet wat ons weet en AfriForum kry vir NERSA beet

    22/08/2024 Duração: 23min

    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die middelgewigkampioen, Dricus Du Plessis se eerste suksesvolle titelverdediging met 'n oorwinning oor Israel Adesanya, asook AfriForum wat vir NERSA geklop het in die hof oor kragtariewe.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk

  • Ep. 249 - EFF se Floyd Shivambu bedank en MRK se magte deur hof vermank

    16/08/2024 Duração: 20min

    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Floyd Shivambu wat aangekondig het dat hy bedank as adjunkpresident van die EFF en as lid van die party, asook die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se verloor in 'n hofsaak rakende hulle magte.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk.

  • Ep. 248 - Skool beskuldig van _rassisme_ in Pretoria en AfriForum werf steun in Amerika

    01/08/2024 Duração: 29min

    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die 12 leerders van Pretoria High School for Girls wat geskors is ná bewerings van rassisme, asook AfriForum en die Afrikanerstigting se steunwerwingstoer in die VSA.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk.

  • Ep. 247 - Verkiesing statisties bekyk en ou video's wat rassisties lyk

    27/06/2024 Duração: 30min

    In hierdie video gesels Louis en Frederik oor Gareth van Onselen se navorsing oor die rasseverdeling van verskillende partye se steun, sowel as die beskuldigings van rassisme teen Renaldo Gouws, Ian Cameron en Andile Mngxitama en of hierdie drie gevalle enigsins dieselfde is.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk.

  • Ep. 246 - Nuwe privaat brandweer in Bloemfontien en Rapport_Beeld gaan dalk verdwyn

    14/06/2024 Duração: 22min

    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die nuwe privaat brandweer wat AfriForum in Bloemfontein gestig het, asook Media24 se beweerde planne om die druk van Beeld en Rapport stop te sit.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk.

  • Ep. 245 - 2024 verkiesingsuitslae ontleding

    07/06/2024 Duração: 31min

    In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Suid-Afrika se 2024 verkiesingsuitslae. Wie was die wenners en verloorders, en wat moet ons te wagte wees rakende die samestelling van die nuwe regering.

  • Ep. 244 - Plaasmoordsyfers steeds hoog, BELA betoog, regstappe teen NGV beoog

    23/05/2024 Duração: 36min

    In hierdie episode gesels Ernst, Louis en Frederik oor die nuutste plaasmoorde- en plaasaanval-syfers, die opposisie teen die BELA-wet wat sterk staan, asook die beplande regstappe vanuit vele oorde teen die NGV.

  • Ep. 243 - AfriForum/Solidariteit vir ANC kwaad, Zim-boere sonder vergoeding gelaat, kenners wat oor NGV praat

    10/05/2024 Duração: 32min

    In vandag se episode bespreek ons AfriForum en Solidariteit se ultimatum aan die regering rakende die BELA-wetsontwerp, die konstitusionele hof se uitspraak rakende Zimbabwe se boere en die SAOG tribunaal en die verrigtinge van AfriForum se onlangse NGV konferensie.

  • Ep. 242 - Die Afrikaner Verklaring en NGV openbarings

    26/04/2024 Duração: 28min

    In vandag se episode bespreek Ernst en Louis die bekendstelling van die Afrikaner Verklaring, Lesufi se nuutste uitlatings oor gesondheidsorg, en die werklikheid van privaat gesondheidsorg in arm gemeenskappe.

página 1 de 15