Informações:
Sinopse
Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!
Episódios
-
Die weg van almal op aarde: Die nuwe hemel en aarde
12/11/2024 Duração: 39minIs die hemel ons eindbestemming? Watter troos skep ons uit die feit dat die ewige lewe werklik vir gelowiges bestaan? Gaan daar herskepping of vernietiging plaasvind? Wat gaan op die nuwe aarde wees en wat nie? Gaan Jesus in Sy fisiese liggaam by ons wees? Is die ewige lewe net 'n soort toestand of 'n werklikheid? Hoe rig die nuwe hemel en aarde ons lewe nou?
-
Perspektief: Oktober 2024
05/11/2024 Duração: 43minDaar is drie sake op die agenda vir Perspektief - Oktober 2024, naamlik die "Nuwe Hervorming" erken die laaste twintig jaar was 'n mislukking, liberale kerke in Amerika verlaat die Christian Reformed Church, en laastens Solidariteit betoog oor die Bela wetgewing.
-
Die weg van almal op aarde: Die laaste oordeel
29/10/2024 Duração: 36minKom Jesus werklik weer terug om te oordeel? Moet elkeen nog verskyn voor die regverdige Regter? Wanneer gaan Jesus weer kom, en kan ons die tekens van die wederkoms in die onrus rondom ons sien? Is daar nog sonde wat aan ons geopenbaar gaan word, en wat is die boeke van ons gewetens? Wat kan gelowiges verwqg met die wederkoms van Christus? Wat gaan gebeur met die ongelowiges op daardie dag? Maak dit dan nog saak hoe ons leef, of is daar nog 'n tweede kans om reg te maak met God?
-
Die weg van almal op aarde: Die opstanding van die dooies
22/10/2024 Duração: 32min"Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is." 1 Johannes 3:2. Wat gaan tydens die opstanding gebeur, en sal dit met gelowiges en ongelowiges gebeur? Hoekom moet ons liggame ook opgewek word?
-
Die weg van almal op aarde - Die stand van die siel na die dood
15/10/2024 Duração: 26minWat is die stand van die siel na die dood? Wat gebeur met my siel as ek sterf en gaan my liggaam weer uit die graf uit opstaan? Kry ons 'n tweede kans om te bekeer tot God ten einde die ewige lewe te beërf?
-
Perspektief: September 2024
08/10/2024 Duração: 38minScriptura praat oor skokkende uitlatings van beroemdes oor God, die beroemde musiekster Sean 'Diddy' Combs (P Diddy) se arrestasie oor seksuele misbruik, mensehandel en rampokkery, en die Amerikaanse Republikeine se slinkse benadering tot aborsie ten einde meer vroue by die stembus te wen. Is die popkultuur en christenskap versoenbaar? Die hedendaagse internet kultuur bedreig getroue kerkbywoning en lidmaatskap. Die eer van ons God is op die spel: kan ons hieroor stil bly? Is ons politieke partye en regerings besig om die waarheid vir die leuen te verruil om stemme te werf?
-
Luisteraarsvraag - Bewyse vir God se bestaan
01/10/2024 Duração: 47minWie oortuig die menslike hart van die werklike bestaan van God? Waar kom ons geloof in ons God eitlik vandaan? Wat sê die Skrif oor ons besef van 'n Goddelike wese noglank voordat ons Hom as Redder van ons harte in geloof en vertroue aanneem? Kan God werklik geken word, en hoe openbaar Hy homself aan ons? Hoe antwoord ons die vrae van die ateis wat beweer dat daar nie 'n intelligente Opperwese is wat alles ontwerp en geskep het nie, of die twyfel van die ongelowige tydens krisis en storm?
-
Die weg van almal op aarde: Voorbereidings vir jou dood
24/09/2024 Duração: 45minPaulus sê in Romeine 14:8 "Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here." Hoe sterf ons tot eer van die Here? Hoe moet die lewe van die gelowige ingerig wees om gereed te wees vir die dood? Kyk na Paulus se nalatenskap vir Timoteus en Titus. Is daar 'n groter nalatenskap vir jou kinders as jou getuienis van die evangelie? "Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins, skryf Paulus aan die Filippense. Moet ons hulde verkondig aan die afgestorwenes, of liewer die evangelie brng as troos?
-
Die weg van almal op aarde: Wanopvattings oor die dood
17/09/2024 Duração: 37minWaar die woord van God nie gepredik word nie, neem mense verskillende wanopvattings as waarheid aan, en leef steeds in vrees vir die dood. "Ware troos verg waarheid", sê Nikolaas Pienaar. Verskuif ons ons vertroue na geliefdes wat afgesterf het, omdat ons wanopvattings het oor waar hulle siele heengaan na hulle afsterwe? Treur ons soms soos mense wat nie hoop het nie, omdat ons nie bybelse insig het oor waar die ontslapenes hulself bevind nie? Is die dood die einde van jou lewe, of is daar lewe na die dood?
-
Perspektief: Augustus 2024 - Gereformeerde kerke loop leeg
10/09/2024 Duração: 37minGereformeerde kerke in Suid-Afrika - op die platteland en in stede - loop leeg volgens artikels en die media. Scriptura bespreek moontlike redes hiervoor aan die hand van die Skrif. Die Bybelse stel nie vir ons nuwe gebruike, of formuliere, of leerstellings voor nie, maar wys na die hoop vir alle mense op enige plek in die wêreld: Christus. Is ons gereed vir klein kerkies wat God aanbid en dien op enige plek waar ons woon en werk? Is ons gereed met die toepaslike skrif op ons tonge om die goeie boodskap van verlossing te deel met elkeen wat honger en dors na die waarheid? Preek ons nog daaglikse bekering van sondes, en modelleer ons die hartsverhouding met Jesus vir diegene wat geloofsbelydenis wil aflê, of is dit nou net 'n katkisasie-worsmasjien? Die groot vraag waarvoor ons 'n baie seker antwoord het is: Is gereformeerde teologie nog relevant?
-
Die weg van almal op aarde: 'n Reeks oor die dood
27/08/2024 Duração: 34minElkeen van ons het een of ander tyd 'n ervaring met geliefdes wat sterf, en almal van ons gaan ook eendag sterf. Die dood het gekom as gevolg van die mens se sonde, maar is dit die einde van die gelowige se lewe? Sal ons 'n vervloekte dood sterf, of 'n geseënde een? En hoe leef ons as sterwendes op aarde?
-
Berading: Die rol van die ouderling en predikant
20/08/2024 Duração: 37minWaar moet berading in werklikheid begin en wie is getaak daarmee, en geroep daartoe? Is die kerk bekwaam as lewende liggaam om gelowiges te bemoedig en te beraad? Wat is die roeping van ouderling of herder in die gemeente, en hoe kan ouderlinge berading gehoorsaam aanbied in hul daaglikse kontak met gelowiges? Is berading net bemoediging of is dit die weerlegging van dwaling, bestraffing van die sonde, en bemoediging van die gelowige met die waarheid van die evangelie?
-
Perspektief: Julie 2024
06/08/2024 Duração: 35minPsalm 2:2 "Die konings van die aarde neem stelling in en die heersers span saam teen die Here en sy gesalfde..." Aspekte op die tafel wat in Julie 2024 gebeur het is eerstens die godslasterlike opening van die Olimpiese Spele 2024 - of was dit die pantion van die gode? Tweedens - die slypmoord poging op Donald Trump. Is dit 'n profetiese teken? Derdens, die regering van nasionale eenheid. Is president Cyril Ramaphosa ons land se verlosser, en kan die regering van nasionale eenheid ons land reg ruk?
-
Luisteraarsvraag: Lotery versus mediese fonds
30/07/2024 Duração: 20minHoe verskil 'n mediese fonds van die lotery, en is daar enige ooreenkomste? Plaas ons nie dalk ons hoop op iets anders in plaas van God, as ons aan 'n mediese fonds behoort nie? Is lidmaatskap by 'n mediese fonds nie 'n ontkenning van God se soewereine wil oor ons gesondheid nie?
-
Berading: Medegelowiges wat beraad
23/07/2024 Duração: 41minBerading in sy eenvoudigste vorm is die bediening van God se genade aan iemand in nood. Bybelse berading ontken nie algemene genade soos medisyne vir sielkundige of psigiatriese siektes nie, maar wys ook na God vir die heelingsproses. Hoe kan gelowige vriende vir ons sielkundige of emosionele berading bied? Hoe onderskei ons tussen goeie en slegte raad van vriende? Het ons nog ruimte en tyd in ons besige lewens vir ons naaste om hulle te beraad in tye van trauma en nood? Is kognitiewe gedragsterapie die enigste antwoord vir sielkundige probleme? Hoe lyk ons probleme in die lig van God se woord? Is dissipelskap nog prioriteit in ons kerke? Reflekteer ons die liefde en genade van Jesus in ons verhoudings met mense?
-
Berading: Die rol van die plaaslike gemeente en Bybelse prediking
16/07/2024 Duração: 33minDie erediens is een van die belangrikste instrumente in God se hand om genesing vir Sy kinders te bewerk. Wat is die rol van die plaaslike gemeente en bybelse berading in die lewe van die lidmate? Hoe kan en moet die liggaam van Christus funksioneer om sielkundige leiding en ondersteuning te bied? Leef ons bewustelik en gehoorsaam onder bybelse prediking in die gemeenskap van die heiliges? Vertrou ons die volle raad van God vir wysheid en insig in ons lewe, en preek ons dit nog? Glo ons nog dat die Woord - veral die Psalms - genesing bring vir die siel?
-
Berading - die kerk en sielkundiges
09/07/2024 Duração: 43minScriptura kyk met deernis na die groot nood wat bestaan om mense geestelik en sielkundig te help. Wat is die antwoord in gereformeerde kringe as christene berading of sielkundige hulp nodig het? Is die kerk nog die plek waar christene aanklop vir berading of sielkundige hulp? Hoe het die keuse om bybelse berading teenoor sielkundige terapie ontstaan, en hoe het die landskap van bybelse berading ontwikkel om nou van uiterstes te getuig? Wat het van dissipelskap geword? Hou die Skrif se perspektief genesing in en kan God verheerlik word in jou swaarkry? Het die kerk dan nie die gereedskap van God ontvang om mense geestelik,emosioneel en sielkundig te bedien en te ondersteun nie?
-
Perspektief: Junie 2024 - Vervolging van christene en die seks expo
01/07/2024 Duração: 39minDink ons en bid ons vir christene in vervolgde lande? Martelare is immers ons broers in die geloof, en ons behoort hulle in gebed te onderskraag. Hoe moet ons hulle aanmoedig in hul dapperheid om die evangelie steeds onverskrokke te verkondig? Is die kerk nog gereed met 'n apologetiese antwoord vir die uitdagings van ons tyd. En is ons gereed vir die bedreiging van christelike verdrukking in ons eie land? Intussen is ons land besig met die jaarlikse seks-ekspo, en word immoraliteit gevier. Oral word plakkate opgesit teen lamppale om vrye seks te verkoop as 'n skadelose soort vermaak, sodat selfs jong kinders dit nie eens meer kan vryspring nie. Hoe gemaak met die media en publisiteit van hierdie euwel van seksuele misbruik en pornografe?
-
Huweliksvoorbereiding: Beloftes vir ons Huwelik
25/06/2024 Duração: 38minWaarvan getuig die beloftes wat saamgevat word in die huweliksformulier? Voor wie en waar word die huwelik gesluit? Wat beteken dit om trou aan mekaar te sweer voor die lewende God? Hoe lyk die gereformeerde skrifbeginsels van die huwelik tussen gelowiges? Die gemeente in jul kerk is ooggetuies van die heilige bevestiging en verbinding aan mekaar. Is dit 'n individualistiese, romantiese funksie vir die twee wat trou, of ag God dit baie hoog? Hoekom is die huwelik in 'n stryd gewikkel op aarde, en hoe staan ons vas in teëspoed? Watter troos is die seën wat oor die huwelikspaartjie uitgespreek word vir gelowiges?
-
Huweliksvoorbereiding: Soos een Vlees
18/06/2024 Duração: 44minWat beteken dit om een van vlees te wees met jou huweliksmaat? Hoe moet die familie en die kerk hulself posisioneer rondom voornemende huweliksmaats en jong getroude egpare? Kan jy as man trou voordat jy geestelik en finansieël volwasse en gereed is daarvoor om die leiding in jou huwelik op te neem soos God dit wil hê? En kan jy as vrou in die huwelik met jou man tree alvorens jy geestelik en emosioneel gereed is daarvoor? Wat het geestelike eenheid met seksuele eenheid te doen? Hoe belangrik is finansiële eenheid in die huwelik tussen man en vrou?