Radio Scriptura
2021 in Perspektief
- Autor: Vários
- Narrador: Vários
- Editora: Podcast
- Duração: 0:52:11
- Mais informações
Informações:
Sinopse
Scriptura kyk terug oor drie groot kwessies en gebeure wat die christelike geloofsgemeenskap regoor die wêreld erg uitgedaag het hierdie jaar. Transgender agenda en die geslagskwessies, covid regulasies van die regering vir eredienste, en dan die geweldige vrees vir die dood wat posgevat het, of ontbloot is, as gevolg van die pandemie. Jesus het in Mattheus 10:28 gesê: "En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel." Lê daarom liewer jou lewe af vir Christus en vir die koninkryk van God. Aanbid en verheerlik Hom, ons Skepper God, bo alles. Hy wat die dood reeds oorwin het en alle mag oor alles het. Hy wat ons vrygekoop het van sonde en dood, sodat ons nie aan die verganklike kort lewe en ons misleidende hartsbegeertes uitgelewer is nie, maar 'n vaste hoop op die ewige lewe kan hê. 00:00 2021 in Perspektief 01:25 "Transgender" agenda en die geslagskwessies 07:20 God se skepping - man en vrou