Radio Scriptura
Luisteraarsvraag: Hoekom gebeur slegte dinge met mense?
- Autor: Vários
- Narrador: Vários
- Editora: Podcast
- Duração: 0:34:48
- Mais informações
Informações:
Sinopse
Hoekom gebeur slegte dinge met mense? Waar kom sonde en dood vandaan? Die mens het teen God gesondig in die tuin van Eden en dit oor homself gebring. Daarom ly die hele skepping saam met die mens onder die sondevloek. Ons kry egter meer genade as wat ons verdien. Die vraag is dus eintlik: hoekom doen God nog goed? Hoekom het Hy Jesus gestuur? Slegte dinge het verskeie redes: oordeel, dissipline, en om God se goeie wil uit te werk. As gelowiges kyk ons anders na pyn, leiding, swaarkry en dood, want slegte dinge gebeur in hierdie wêreld, maar hierdie wêreld is nie die einde nie. Slegte dinge rus gelowiges ook toe vir dieper bediening, groei in geloof en verhouding met God. Vir die gelowige is daar geen veroordeling meer nie, en ons deel reeds in God se seën, want die beste is nog op pad. Ons het 'n hoop gesetel in Christus, wie ons gered het vir 'n ewigheid in Sy teenwoordigheid.