Informações:
Sinopse
Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!
Episódios
-
Wie is God: God is Heilig
11/02/2020 Duração: 29minHierdie is die derde episode in ons reeks oor God se deugde. In die episode handel dit spesifiek oor sy Heiligheid.
-
Perspektief: Januarie 2020
04/02/2020 Duração: 34minOnlangse nuusgebeure in Perspektief: 1. Pres. Ramaphosa se toespraak op 16 Desember 2019 2. Sosiale Media en PTSD ("Post Traumatic Stress Disorder") 3. Australië veldbrande en Coronavirus
-
Wie is God: God is soewerein
28/01/2020 Duração: 37minIn die episode kyk ons wat dit beteken dat God "soewerein" en "alwys" is. Ons het 'n groot troos dat ons behoort aan 'n God wat in beheer is.
-
Wie is God: God is Drie-Enig
21/01/2020 Duração: 33min'n Vraag waaroor elke mens behoort te dink en te kan antwoord is: Wie is God? Tog is die vraag vir sommige Christene moeilik om te antwoord, of hulle is nie seker of hulle antwoord reg is nie. Ken jy die Here? In hierdie reeks kyk ons hoe God Homself aan ons in die Skrif openbaar. Hierdie eerste episode handel oor die Drie-Eenheid van God.
-
Immanuel - God met ons: Jesus ons Advokaat
31/12/2019 Duração: 37minHierdie is die laaste episode in ons "Immanuel - God met ons!"- reeks. Ons kyk spesifiek na wat dit beteken as ons sê dat Jesus ons Advokaat is. MY kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. (1 Johannes 2:1)
-
Immanuel - God met ons! Jesus ons Hoëpriester
24/12/2019 Duração: 36minOns kyk in hierdie derde episode in die "Immanuel - God met ons"- reeks na Jesus as ons Hoëpriester.
-
Immanuel: God met ons! Jesus ons Verlosser
17/12/2019 Duração: 31minOns gesels in die episode spesifiek oor Christus as ons Verlosser onder die volgende hoofpunte:Ons gesels in die episode spesifiek oor Christus as ons Verlosser onder die volgende hoofpunte: Tipes van Christus in die Ou Testament (3:00) Jesus ons Volkome Verlosser (12:10) Jesus ons Enigste Verlosser (20:06)
-
Immanuel: God met ons! Jesus se vleeswording
10/12/2019 Duração: 41minHierdie is ons laaste reeks vir 2019 en die tema daarvan is: Immanuel: God met ons. In hierdie episode fokus ons spesifiek op Christus se vleeswording.
-
Perspektief: November 2019
03/12/2019 Duração: 48minNovember in Perspektief: 1. Springbokke wen die wêreldbeker 2. #ImStaying 3. Genadedood
-
Luisteraarsvrae: Fisiese Oefening / Voorspoedsteologie
27/11/2019 Duração: 28minIn hierdie episode gesels ons met Prof Albert Coetsee en beantwoord twee luisteraarsvrae. Die eerste een gaan oor fisiese oefening en die tweede oor die "Voorspoedsteologie".
-
Luisteraarsvraag: Die Heilige Gees en ons gewete
19/11/2019 Duração: 34minIn hierdie episode beantwoord ons 'n luisteraar se vraag oor die werk van die Heilige Gees en ons gewete. My gewete getuig saam met my in die Heilige Gees" Romeine 9:1. Die luisteraar wil weet hoe die Heilige Gees en ons gewete saam werk. Is dit die Gees of ons eie gewete wat ons weerhou daarvan om kwaad te doen? Of werk die Gees deur ons gewete?
-
Luisteraarsvraag: Vervang die kerk vir Israel?
12/11/2019 Duração: 38minIn hierdie episode beantwoord ons 'n luisteraar se vraag oor die plek van Israel en die Kerk. Is Israel en die kerk dieselfde? Het die kerk vir Israel vervang? Deur wie voer God sy plan uit?
-
Perspektief: Oktober 2019
05/11/2019 Duração: 39minOns kyk na Oktober 2019 se nuusgebeure vanuit 'n Bybelse Perspektief: Wiskunde is onderdrukkend vir die skole in Seattle (00:45) Grantleigh: Godslasterlik of net kuns? (13:08) CSE: Seksonderrig in skole (26:03)
-
Huisgodsdiens: Kinders, kerk en kategese
29/10/2019 Duração: 35minIn die episode gesels ons oor die kerk en katkisasie en hoe dit inpas in die gesin se aanbidding.
-
Huisgodsdiens: Hoe?
22/10/2019 Duração: 40minIn hierdie episode kyk ons na die praktiese sy van huisgodsdiens. Ons kyk na hoe ons, ons huisgodsdiens moet inrig en dan ook na hindernisse wat daar mag wees.
-
Huisgodsdiens: Hoekom?
15/10/2019 Duração: 32minHierdie is ons eerste episode in 'n reeks oor "Huisgodsdiens". Ons kyk na Skrifbeginsels as motivering vir huisgodsdiens, uitdagings en die noodsaaklikheid van huisgodsdiens.
-
Perspektief: September 2019
01/10/2019 Duração: 44minOns kyk na hierdie maand se nuusgebeure vanuit 'n Bybelse perspektief: Wetgewing aangaande lyfstraf in SA Die doodstraf Benny Hinn se bekering
-
Hoe word ek wat ek is?
24/09/2019 Duração: 42minHierdie is die laaste episode in ons reeks oor "Identiteit". Ons het eers die vrae gevra: "Wie is ek?" en toe "Wie sê die Here is ek?". In hierdie derde episode wil ons uitvind hoe ons nou kan word wat ons is. Ons kyk veral na praktiese riglyne vanuit die Skrif.
-
Wie sê die Here is ek?
17/09/2019 Duração: 31minHierdie is die tweede episode in die reeks oor "Identiteit". Ons vra die vraag: Wie sê die Here is ek?
-
Wie is ek?
10/09/2019 Duração: 28minHierdie is die eerste episode in ons nuwe reeks oor "Identiteit". En in die episode vra ons die vraag: "Wie is ek?" Ons praat oor die beeld wat jy van jouself het. Letterlik, hoe jy jouself sien en wie jy dink jy is. In hierdie episode wissel ons gedagtes oor die vraag wat ons almal vir onsself vra en moet vra: “wie is ek?”