Rsg Geldsake Met Moneyweb

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editora: Podcast
  • Duração: 37:45:45
  • Mais informações

Informações:

Sinopse

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Andries van Zyl bied die program aan. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:30 en 19:00 op RSG (101 104fm) uitgesaai.

Episódios

  • Transnet verwag 270 plesierbote by sy hawens

    31/10/2024 Duração: 04min

    Ophelia Shabane, waarnemende hawebestuurder van TNPA in Kaapstad gesels oor plesierbote by Transnet se hawens. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Tiger Brands wil listeriose-slagoffers se mediese rekening betaal

    31/10/2024 Duração: 10min

    Menseregte-prokureur, Richard Spoor sê Tiger Brands se aanbod is nie 'n skikkingsaanbod vir die hele klasaksie nie, en tot op hede het hulle geen aanspreeklikheid geneem nie. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Eskom wéér hof toe oor Nersa-besluit

    31/10/2024 Duração: 09min

    Eskom is baie ontsteld nadat Nersa handelslisensies aan verskeie aansoekers toegestaan het. Die vryskut-joernalis, Antoinette Slabbert gesels hieroor. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Bloedrooi Donderdag

    31/10/2024 Duração: 06min

    Bernard van Wyk, hoof van navorsing en fondsbestuur by Kruger Internasionaal gesels oor die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • RSG Geldsake met Moneyweb – Donderdag 31ste Oktober 2024

    31/10/2024 Duração: 49min

    Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Markte gee nie aandag aan MBPS nie

    30/10/2024 Duração: 03min

    Johan Gouws van PPS gesels oor die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Begrotingsoorsig

    30/10/2024 Duração: 32min

    Enoch Godongwana – minister van finansies, Nasionale Tesourie & Dr Elna Moolman – hoof: finansiële markte, Standard Bank Groep Navorsing & Ekonomie & Edward Kieswetter – kommissaris, Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens & Khulekani Mathe – uitvoerende hoof, Busa & Adv Stefanie Fick – uitvoerende hoof van verantwoordbaarheid, Outa Volg RSG Geldsake op Twitter

  • RSG Geldsake met Moneyweb – Woensdag 30ste Oktober 2024

    30/10/2024 Duração: 46min

    Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Die Kaapse hawe kos boere tot R26 000 per hektaar

    29/10/2024 Duração: 07min

    Theo Boshoff, uitvoerende hoof van die Landbousakekamer van Suid-Afrika (Agbiz) gesels oor die invloed van die sukkelende Kaapstadse-hawe op appel- en peerprodusente in die Wes-Kaap. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Só kies jy die beste finansiële raadgewer

    29/10/2024 Duração: 10min

    Jac de Wet, welvaartsbestuurder by PSG Wealth verduidelik hoe om die beste finansiële raadgewer te kies. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Afgetrede vrou wil Banxso laat likwideer

    29/10/2024 Duração: 06min

    Die slagoffer se prokureur, Pierre du Toit van Mostert & Bosman Prokureurs gesels oor die aansoek om Banxso te laat likwideer, en hoe dit die ander slagoffers raak. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Trustees moet spring, of boetes en tronkstraf kan volg

    29/10/2024 Duração: 10min

    Louis van Vuren, uitvoerende hoof van die Fidusiêre Instituut van Suider-Afrika (Fisa) verduidelik wat trustees moet doen om aan vereistes te voldoen. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Is silwer spotgoedkoop of goud baie duur?

    29/10/2024 Duração: 06min

    David Melvill, edelmetaaladviseur by Financial Hub gesels oor die verhouding tussen silwer en goud. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Goudprys slaan 'n hoogtepunt

    29/10/2024 Duração: 07min

    Chantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing, FNB Wealth gesels oor die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • RSG Geldsake met Moneyweb – Dinsdag 29ste Oktober 2024

    29/10/2024 Duração: 50min

    Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Maatskappye wil fabrieke in die ruimte begin

    28/10/2024 Duração: 04min

    Pieter Geldenhuys, toekomskundige en direkteur by die Instituut vir Tegnologie Strategie en Innovasie, verbonde aan die DaVinci-sakeskool gesels oor maatkappye wat fabrieke in die ruimte wil begin. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Agt uit tien huurders betaal getrou, maar huurgeld styg stadiger

    28/10/2024 Duração: 09min

    Die kredietburo TPN het onlangs sy kwartaalikse residensiële huurmonitor bekend gemaak, die bemarkingsdirekteur van TPN, Waldo Marcus gesels hieroor. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Wat dink die Franse van nuwe visumreëls?

    28/10/2024 Duração: 07min

    Sebastian de Place, president van die buitelandse handelsadviseurs vir Frankryk in SA en vennoot by Forvis Mazars gesels oor SA se nuwe visumreëls. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Wat kan ons van die mini-begroting verwag?

    28/10/2024 Duração: 08min

    Dawie Roodt, stigter en hoofekonoom van die Efficient-groep gesels oor die mini-begroting. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • PnP ervaar nóg pyn, maar die skip draai

    28/10/2024 Duração: 09min

    Pick n Pay het vandag winssyfers vir die ses maande tot einde Augustus bekend gemaak; geen dividend is verklaar nie. Die uitvoerende hoof van Pick n Pay, Sean Summers gesels oor die resultate en sê die ergste is agter hulle. Volg RSG Geldsake op Twitter

página 6 de 8