Radio Scriptura
Wat sê die Vers? Jeremia 29:11
- Autor: Vários
- Narrador: Vários
- Editora: Podcast
- Duração: 0:32:28
- Mais informações
Informações:
Sinopse
Wat sê die Vers? Jeremia 29:11 Wat het Jeremia 29:11 werklik vir Israel beteken in daardie tyd en in hulle konteks en situasie? Die verbondsvolk was ongehoorsaam aan God, en Hy het hulle weggevoer en in ballingskap geplaas in Babel. Die Here was besig om Israel te tugtig as gevolg van hul sonde, en dit het swaar gegaan met die volk. Jeremia het 'n brief geskryf om aan hulle die pragtige, kosbare belofte te gee dat indien hulle gehoorsaam sal word en God sal dien, hulle wel 'n hoopvolle toekoms sou beërf. Die teks kan nie op sy eie gelees word nie, en word vandag dikwels buite konteks misbruik vir eie gewin. Die ware boodskap lê in die konteks en raamwerk van die hele boek. Israel se toekomstige welvaart het nie betrekking op ons eie persoonlike rykdom of welvaart van vandag nie. Die teks mag nie misbruik word as 'n soort "voorspelling" dat God ons net altyd materialisties gaan seën nie, want God heers soewerein oor ons swaarkry ook. Dit voorspel nie vir ons elkeen aardse welvaart of voorspoed nie, maar verwy